Friday, 31 May 2013

Shhh! Kan jy dit hoor? My hartklop vinnig. Kan jy dit sien? My hande is nat gesweet. Ek gaan alles vergeet. Sal my kostuum nie los skiet nie. Ek gaan alles opmors. Kan 'n krulkop muisnes meisie soos ek regtig dans. Dis al die snert wat deur my groot kop aan gaan. Toe ek weer op kyk sien ek die mees eleganste jong dame. Sy het 'n bloed rooi balletrokkie aan. Haar hare is donker en stuif agten toe gekam. Met elke draai, sprong en split laat sy die gehoor staan van opgewondenheid. Sy was perfek. Moet ek nou dit volg????? 

My hart klop al vinniger en vinniger. Die skerp lig skyn op my bruin hare. Die musiek gaan reg deur my liggaam.

My skraal heupe beweeg van een  kant na die ander.
Ek kan dit nie beskryf ne.
Die senuwees, opgewondenheid .................. Dis alles die moeite werd

4 comments:

  1. Ahh! ek kon die hele storie in my kop sien!

    ReplyDelete
  2. Kailyn, "...i feel your heartbeat to the beat of the drum." daardie lied is net vir jou gemaak!

    ReplyDelete
  3. Jy gaan maak dat ek aan wil sluit by 'n dans group. Ek kan nou nie so lekker my heupe skit nie maar ek sal seker een of ander moet probeer! Ek wil ook dans soos jy!

    ReplyDelete